Columbus, Georgia

Columbus is 'n stad in die deelstaat Georgia geleë op die grens met die deelstaat van Alabama, op die oewer van die Chattahoochee-rivier. Die administratiewe setel van die Muscogee County is hier geleë. Coweta Town, die hoofstad van die Creek-Indiane is naby die dorp.

Columbus

KaartSeël
Vlag
 LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat Georgia
 CountyMuscogee
 Koördinate32°30′N 84°56′W / 32.500°N 84.933°W / 32.500; -84.933
 Stigting1828
 Oppervlakte: 
 - Totaal572 vk km
 Hoogte bo seevlak74 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2013)202 824
 - Bevolkingsdigtheid332,6/vk km
 TydsoneEST (UTC -5)
 SomertydEDT (UTC -4)
 BurgemeesterTeresa Tomlinson
 Amptelike Webwerfcolumbusga.org

Geskiedenis

wysig

Die nedersetting het ontstaan in 1689 toe die Spanjaarde 'n fort gebou het met die naam Colón (Columbus). Die land is in 1826 oorgeneem deur die regering van die Verenigde State vanaf die Indiane. Die eerste nedersetters het 'n handelspos hier gestig 1827 en die nedersetting het in 1828 dorpstatus verkry. Gedurende die oorlog met die Indiane was Columbus die hoofbasis vir die militêre magte. In 1846 het dit dieselfde rol gespeel tydens die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog.

Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog het die Unie-magte die dorp beset 'n week na generaal Robert E. Lee se oorgawe te Appomattox.

Omgewing

wysig

Die Amerikaanse Weermag se Infanterie opleiding sentrum, Fort Benning, grens aan die stad. Meer as 'n miljoen man is hier opgelei tydens die Tweede Wêreldoorlog. Daar is ook groot katoen en katoensaad-na-olie meulens in die omgewing.

Bron

wysig
  • Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 7, Bladsy 38.

Eksterne skakels

wysig