Donald Bradman

Sir Donald 'Don' Bradman (1908–2001) was ’n legendariese Australiese krieketspeler, een van die beste kolwers nóg.[2] Bradman word deur baie as die beste kolwer van alle tye gesien, alhoewel Sachin Tendulkar ook 'n sterk aanspraakmaker op die titel sou wees. Sy kolfgemiddelde van 99,94 in toetswedstryde word as 'n buitengewone prestasie beskou. Hy is tot vandag toe nog 'n bekende sportster in sy land.

Sir Donald Bradman
Donald Bradman in 1936
Volle naamDonald George Bradman
Gebore(1908-08-27)27 Augustus 1908
Cootamundra, Nieu-Suid-Wallis, Australië
Gesterf25 Februarie 2001 (op 92)
Kensington Park, Suid-Australië, Australië
Bynaam(e)The Don, The Boy from Bowral, Braddles
Lengte1,73 m[1]
KolfstylRegshandig
BoulstylRegterarm
RolAanvangskolwer
Internasionale geskiedenis
Nasionale spanAustralië
Toetsdebuut (no 124)30 November 1928 v Engeland
Laaste Toets18 Augustus 1948 v Engeland
Eersterangse spaninligting
Jaar(e)Span
1927–1934Nieu-Suid-Wallis
1935–49Suid-Australië
Loopbaanstatistiek
KompetisieToets1e rang
Wedstryde52234
Lopies aangeteken699628067
Kolfgemiddeld99,9495,14
100s/50s29/13117/69
Hoogste telling334452
Aflewerings geboul1602114
Paaltjies236
Boulgemiddeld36,0037,97
5 paaltjies in 'n kolfbeurt00
10 paaltjies in 'n wedstryd00
Beste boulontleding1/83/35
Vangskote/Stonkings32/–131/1
Bron: Cricinfo, 4 Desember 2014

Lewensloop

wysig

Donald George Bradman is op 27 Augustus 1908 in Cootamundra in Australië gebore, maar het in Bowral grootgeword. Hy het van 1928 tot 1948 toetskrieket gespeel.

Bradman maak sy debuut in die eerste toets teen Engeland. Sy loopbaan is vir agt jaar deur die Tweede Wêreldoorlog onderbreek. In sy 52 toetswedstryde en tagtig beurte het hy 29 honderdtalle aangeteken en 13 keer meer as vyftig lopies behaal. Vir twintig jaar was hy die jongste speler om 'n honderdtal aan te teken en hy het nog talle ander rekords agter sy naam. Een van sy rekords wat vandag nog staan is sy kolfgemiddelde van 99,94 lopies. Tydens sy laaste toets moes hy net vier lopies aanteken om sy kolfgemiddelde oor die 100 lopies te stoot. Hy kon egter geen lopies behaal nie en is uit vir 'n eier (nulletjie).

Hy is in 1948 tot ridder geslaan en in 1985 in Australië se Heldesaal vir Sport vereer. Tydens 'n stemming is hy as een van die grootste Australiërs van die 20ste eeu aangewys.

Bradman is op 25 Februarie 2001 in Kensington Park in Suid-Australië aan longontsteking oorlede. Hy was 92 jaar oud.[3]

Fotogalery

wysig

Verwysings

wysig
  1. "Obituaries – Sir Donald Bradman". The Telegraph (in Engels). Telegraph Media Group. 27 Februarie 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2018. Besoek op 5 Augustus 2014.
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  3. "Bradman dies at 92" (in Engels). BBC Sport. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2004. Besoek op 19 Mei 2008.

Eksterne skakels

wysig