Elio Di Rupo

Elio Di Rupo (gebore 18 Julie 1951 in Morlanwelz, Hainaut) is 'n Belgiese skeikundige en politikus van die Parti Socialiste (PS).

Elio Di Rupo
Elio Di Rupo
Elio Di Rupo in 2014

Eerste minister van Wallonië
Ampsbekleër
Termynaanvang
13 September 2019
MonargFilip
Voorafgegaan deurWilly Borsus
Ampstermyn
6 Oktober 2005 – 20 Julie 2007
Voorafgegaan deurAndré Antoine
Opgevolg deurRudy Demotte
Ampstermyn
15 Julie 1999 – 4 April 2000
Voorafgegaan deurRobert Collignon
Opgevolg deurJean-Claude Van Cauwenberghe

Eerste minister van België
Ampstermyn
6 Desember 2011 – 11 Oktober 2014
MonargAlbert II
Filip
Voorafgegaan deurYves Leterme
Opgevolg deurCharles Michel

Burgemeester van Mons
Ampstermyn
8 Oktober 2000 – 3 Desember 2018
Voorafgegaan deurMaurice Lafosse
Opgevolg deurNicolas Martin

Leier van die Parti Socialiste
Ampstermyn
16 September 1999 – 6 Desember 2011
Voorafgegaan deurPhilippe Busquin
Opgevolg deurThierry Giet
Ampsbekleër
Termynaanvang
22 Julie 2014
Voorafgegaan deurPaul Magnette

Persoonlike besonderhede
Gebore18 Julie 1951 (1951-07-18) (72 jaar oud)
Morlanwelz, België
Politieke partyParti Socialiste
Alma materUniversiteit van Mons-Hainaut
Universiteit van Leeds
ReligieGeen (Ateïsme)
Handtekening

Sedert 13 September 2019 beklee hy vir die derde maal die amp van eerste minister van die Waalse Gewes.[1]

Vanaf 6 Desember 2011 tot 11 Oktober 2014 het hy die amp van eerste minister van België beklee en is opgevolg deur Charles Michel.

Di Rupo is die seun van Italiaanse immigrante en was baie jare lank afgevaardigde in die Belgiese parlement as ook 'n lid van die Europese Parlement gewees. Hy het as minister in die federale regering gedien. Van 1999 tot 2011 en sedert 2014 fungeer Di Rupo as voorsitter van die PS. Van 2000 tot 2018 was hy ook burgemeester van Mons gewees.

Elio Di Rupo, wat in België vir sy vlinderdas bekend staan, dra die eretitel 'staatsminister'.

Opleiding

wysig

Di Rupo is een van sewe kinders van 'n Italiaanse gasarbeidergesin wat hulle in 1947 in België gevestig het. Sy pa is in Julie 1952 in 'n padongeluk oorlede sodat die kinders deur hul ma in moeilike omstandighede grootgemaak moes word. Vir Elio was dit al vroeg duidelik dat hy sy toekoms slegs deur 'n goeie opleiding sou kon verseker.

Di Rupo het 'n akademiese opleiding as skeikundige ontvang en 'n doktorsgraad aan die Université de Mons-Hainaut verwerf. Hier het Di Rupo ook 'n politieke bewussyn begin ontwikkel en by die Sosialistiese Party aangesluit waar hy erkenning vir sy humanistiese ideale van sosiale geregtigheid en vryheid van die indiwidu geniet.

Op 13 Februarie 1983 het Di Rupo die internasionale filmfees Festival international du film d'amour in die lewe geroep.

Verwysings

wysig
  1. Die Di Rupo III-kabinet bestaan uit die sosialistiese PS, die regsliberale MR en die groene Ecolo.

Eksterne skakels

wysig