Fluiteend

voëlspesie

Die fluiteend ( Dendrocygna bicolor) is 'n algemene standvoël in Suidelike Afrika.

Fluiteend
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
D. bicolor
Binomiale naam
Dendrocygna bicolor
Dendrocygna bicolor

Identifikasie

wysig

Hierdie spesie is 43–53 cm lank en het 'n lang grys snawel, lang kop en langerige bene, met 'n goud-bruin kop en kroon. Die rug en vlerke is donkerbruin tot swart, en aan die onderkant swart hoewel die flanke prominente wit lyne vertoon. Die nekkleur is groud-bruin met donker lyne in die middel van die nek. Jong voëls se stertkleure is minder kontrasterend as die van volwassenes.

Habitat

wysig

Die habitat is varswater mere, damme en reservoirs, met baie plante, waar die eende snags sade en ander plant-materiaal eet.

Verspreiding

wysig

Die fluiteend kom voor in die ooste en noorde van Suider-Afrika. Hulle broei in Afrika suid van die Sahara, die tropiese gebiede van sentraal- en Suid-Amerika, Indië en die VSA se golfkus. Die fluiteend kom ook wydverspreid voor in die tropiese dele van Afrika, waar reuse-troppe van die voëls in die uitgestrekte vloedvlaktes aangetref word. Dit is 'n seldsame eendsoort in Suid-Afrika.

Geluid

wysig

'n Sagte maar duidelike kee-wee-ooo fluit. Wanneer hulle vlieg, maak die vlerke 'n fluitgeluid - vandaar die naam fluiteend.

Ander name

wysig

Sien ook

wysig

Bronnelys

wysig