Hamilton John Goold-Adams

Luitenant-goewerneur van die Oranjerivierkolonie

Sir Hamilton John Goold-Adams (27 Junie 1858 – 12 April 1920) was Luitenant-goewerneur van die Oranjerivierkolonie. Hy is gebore in 1858. In Suid-Afrika veg hy in sir Charles Warren se ekspedisie van 1884 teen die Betsjoeanas en hy het as majoor bevel gevoer oor die Veldmag in die 1893 Matabele-oorlog. In 1895 word hy majoor in die 1ste bataljon van die Royal Scots en Resident-kommissaris vir Betsjoeanaland. Hy dwing respek af by alle rasse met sy takt en bekwaamheid. Hy onderskei hom tydens die Beleg van Mafeking tydens die Tweede Vryheidsoorlog en van 1901 tot 1910 was hy die Luitenant-goewerneur van die Oranjerivierkolonie. Hy beleef die instelling van verantwoordelike bestuur en die voorbereidsels vir die Nasionale Konvensie en Uniewording. Hy sterf op 12 April 1920.

Hamilton John Goold-Adams
Hamilton John Goold-Adams
Hamilton Goold-Adams in 1915

12de Luitenant-goewerneur van Queensland
Ampstermyn
15 Maart 1915 – 3 Februarie 1920
MonargGeorge V
Voorafgegaan deurWilliam MacGregor
Opgevolg deurMatthew Nathan

3de Luitenant-goewerneur van die Oranjerivierkolonie
Ampstermyn
7 Junie 1907 – 31 Mei 1910
MonargEdward VII
Voorafgegaan deurWilliam Palmer
Opgevolg deurAmp afgeskaf

Persoonlike besonderhede
Gebore(1858-06-27)27 Junie 1858
Cork, Ierland
Sterf12 April 1920 (op 61)
Kaapstad, Kaapprovinsie, Unie van Suid-Afrika
Eggenoot/-noteElsie Riordon
Kind(ers)Richard John Moreton Goold-Adams
Elizabeth Mary Goold-Adams

Bron

wysig

Eksterne skakels

wysig