Hengelo, Overijssel

Hengelo is 'n munisipaliteit in Twente, in die provinsie Overijssel in Nederland. Hengelo grens aan die munisipaliteite Borne, Dinkelland, Hof van Twente, Haaksbergen en Enschede. Daar woon 81 000 mense in Hengelo. Die stad vorm ook saam met Borne en Enschede die agglomerasie Groot-Enschede, waar sowat 365 000 mense woon.

Hengelo


KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Nederland Nederland
 Koördinate52°15′56″N 6°47′35″O / 52.2656°N 6.7931°O / 52.2656; 6.7931
 Stigting1525
 Provinsie Overijssel
 Oppervlakte: 
 - Totaal61,78 vk km
 Hoogte bo seevlak0 m m
 Bevolking: 
 - Totaal (2011)81 000
 - Groot-Enschede361 000
 - Twente650 000
 - Bevolkingsdigtheid1 325/vk km
 TydsoneUTC+1
 - SomertydUTC+2
 Burgemeester (party)Sander Schelberg (VVD)
 Amptelike webwerfwww.hengelo.nl
 Wikimedia CommonsHengelo

Hengelo staan bekend vir sy internasionale atletiekwedstryde, die Fanny Blankers-Koen Games. Die stad is ook die fokuspunt van infrastruktuur in Twente, sowel vir die spoorweë as vir die nasionale paaie (die A1 en A35).

Geskiedenis

wysig

Die dorp Hengelo het in die middeleeue ontstaan. In 1525 het Frederick van Twickel 'n kasteel naby die dorp Huis Hengelo gebou (wat in 1821 gesloop is). Nadat België in 1830 hulle onafhanklikheid uitroep (wat toe die spilpunt van Nederland se industrieë was), stimuleer die regering die industrieë in Twente (met maatskappye soos Stork en AKZO Nobel). In Hengelo ontwikkel die metaalindustrie. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die stad hewig gebombardeer, sodat nie baie geboue na die oorlog oorgebly het nie.

Besienswaardighede

wysig

Sport

wysig

Hengelo het met die Fanny Blankers-Koen Stadion (kapasiteit: 15,500) die belangrikste atletiekstadion van die land, waar die Fanny Blankers-Koen Games jaarliks gespeel word. Langs die stadion lê die afrigtingskompleks van sokkerklub FC Twente. Die jeug en vroue van die klub speel hulle wedstryde hier.