Henry Barkly

goewerneur van verskeie Britse kolonies, waaronder die Kaapkolonie (1815-1898)

Sir Henry Barkly (Londen, 24 Februarie 1815 - Londen, 20 Oktober 1898) was goewerneur van verskeie Britse kolonies, waaronder die Kaapkolonie.

Sir Henry Barkly
Henry Barkly

4de Goewerneur van Brits-Guyana
Ampstermyn
12 Februarie 1849 – 11 Mei 1853
Voorafgegaan deurHenry Light
Opgevolg deurPhilip Wodehouse

Goewerneur van Jamaika
Ampstermyn
1853 – 1856
Voorafgegaan deurCharles Edward Grey
Opgevolg deurCharles Henry Darling

2de Goewerneur van Victoria
Ampstermyn
26 Desember 1856 – 10 September 1863
Voorafgegaan deurCharles Hotham
Opgevolg deurCharles Darling

10de Goewerneur van Mauritius
Ampstermyn
21 Augustus 1863 – 3 Junie 1870
Voorafgegaan deurWilliam Stevenson
Opgevolg deurArthur Hamilton-Gordon

14de Goewerneur van die Kaapkolonie
Ampstermyn
31 Desember 1870 – 31 Maart 1877
Voorafgegaan deurPhilip Wodehouse
Opgevolg deurHenry Bartle Frere

Persoonlike besonderhede
Gebore24 Februarie 1815
Highbury, Middlesex,, Engeland, Verenigde Koninkryk
Sterf20 Oktober 1898
Londen, Engeland, Verenigde Koninkryk
Eggenoot/-noteElizabeth Helen Timins (1840–1857)
Anne Maria Pratt (1860–1898)

Barkly se vader was Aeneas Barkly van New Brunswick, Kanada. Van 1845 - '48 dien hy in die Britse Laerhuis as lid vir Leominister en daarna as goewerneur van Brits-Guinee tot 1853, waarna hy 'n soortgelyke pos in Jamaika beklee tot 1856. Aan die ander kant van die wêreld dien daarna tot 1863 as goewerneur van die Australiese kolonie Victoria en net daarna as goewerneur van Mauritius tot 1870.

In daardie jaar verplaas die Britse goewerneur hom na die Kaap waar hy tydens sy sewe opwindende jare die moeilike taak gehad het om die ontdekking van diamante in Griekwaland-Wes te behartig. Hy het onder meer te kampe gehad met 'n opstand van delwers aan die Vaalrivier. In 1871 verklaar hy Griekwaland-Wes tot Britse besitting en daarna dra lord Carnarvon, Britse koloniale sekretaris, dit aan Barkly op om die onwillige inwoners van die twee Suid-Afrikaanse kolonies en twee Boererepublieke te oorreed van die wenslikheid van federasie. Dié voorstel was sy tyd egter ver vooruit.

Hy tree in 1878 af en word daarna 'n direkteur van die Standard Bank. Die dorpe Barkly-Oos en Barkly-Wes, asook die Barklypas is na hom vernoem.

Sien ook

wysig

Bronne

wysig
  • Rosenthal, Eric, 1978. Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town and Johannesburg: Juta and Company Limited.