Sonsteek

Wanneer 'n persoon aan uitermatige hitte blootgestel word
(Aangestuur vanaf Hitte-uitputting)

Hitte-uitputting vind plaas wanneer 'n persoon aan uitermatige hitte (soos sonlig oor 'n lang periode) blootgestel word.

Sonsteek
Klassifikasie en eksterne bronne
ICD-10T67.3- T67.5
ICD-9992.3-992.5
DiseasesDB5690
eMedicineemerg/236
MeSHD006359
Mediese waarskuwing

Sonsteek is hitte-uitputting wat nie betyds behandel is nie. Die persoon se liggaam verloor sy vermoë om self te kan afkoel. Baie mense sterf hieraan en dit moet in 'n baie ernstige lig beskou word. Soek dadelik mediese hulp.

Hitte-uitputting

wysig

Simptome

wysig
  • Liggaam se temperatuur verlaag.
  • Persoon sweet geweldig baie.
  • Swak en moeg.
  • Vel bleek en klam.
  • Hoofpyn.
  • Naarheid.
  • Skielike floute.

Behandeling

wysig
  • Rus in koelte.
  • Gee klein hoeveelhede water.
  • Verkoel persoon (sprinkel met water)

Sonsteek

wysig

As hitte-uitputting oorgaan na sonsteek:

Simptome

wysig
  • Die persoon sal bewusteloos of uiters duiselig wees.
  • Die liggaamstemperatuur verhoog bo 40°C.
  • Persoon se vel sal rooi, warm en droog wees.
  • Sweet glad nie.
  • Vinnige pols.

Behandeling

wysig
  • Sit persoon in yskoue water.
  • Plaas yspakke onder armholtes.
  • Bring liggaamstemperatuur so gou as moontlik af.
  • Neem persoon so vinnig as moontlik na 'n dokter/hospitaal.
🔥 Top keywords: