MiG-31

Russiese vegvliegtuig

Die MiG-31 is 'n Russiese vegvliegtuig wat ontwikkel is vanaf die MiG-25 en het die Toepolef Tu-28 vervang as die hoof-langstrekonderskepper.

MiG-31 "Foxhound"
'n MiG-31B van die Russiese Lugmag in vlug, 2011
TipeOnderskepper/vegter
VervaardigerMikojan
Ontwerp deurMikojan
Nooiensvlug16 September 1975
Bekendstelling6 Mei 1981
StatusIn gebruik
HoofgebruikersRussiese Lugmag
Kasakstanse Lugmag
Vervaardig1975 tot 1994
Aantal gebou519
Ontwikkel vanMiG-25

In verslae van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) word na die MiG-31 as Foxhound verwys.

Ontwikkeling van die vliegtuig het in 1970 begin en die prototipe, Ye-155MO, het sy nooiensvlug in 1975 voltooi. Die eerste van 300 eenhede is vanaf 1979 aan die Russiese Lugmag gelewer. Alhoewel die MiG-31 deur die MiG-25 geïnspireer is, was dit 'n nuwe alleweerstoestand-, allehoogte-vliegtuig waarvan die raamwerk gebou is van nikkelstaal, ligte allooie en titanium. Dit was nodig om te verseker die vliegtuig voldoen aan die hoë werkverrigtingomgewing waaraan dit moes vlieg.

Dit was toegerus met gesofistikeerde Flash Dance-radar. Dit is in daardie stadium beskou as die kragtigste radar in 'n vegvliegtuig, dit kon 200 km vorentoe sien, asook agter en onder die vliegtuig. Dit is beheer deur die tweede bemanningslid en kon tien teikens volg en vier tegelykertyd aanval nadat dit bepaal het watter teikens die grootste bedreiging is.

Latere modelle is van 'n invlughervullingsgerief voorsien wat hulle togafstand verbeter het. Ook kon die vliegtuie se databanke met mekaar kommunikeer sodat vliegtuie inligting oor teikens en taktiese situasies kon uitruil.

Tegniese besonderhede

wysig
Besonderhede van die Mikoyan-Gurevich MiG-31:
ItemStatistiek
Aantal motors2
Tipe motorStraalmotor
VervaardigerAviadvigatel D-30F6-turbowaaier met nabrander
Kraglewering per motor15 520 kg stukrag
Vlerkspan13,464 m
Lengte22,7 m
Hoogte6,15 m
Vlerkoppervlakte61,6 m2
Maks. opstygmassa46 200 kg
Maks. snelheid3 000km/h
Operasionele hoogte20 618 m
Togafstand720 km teen Mach-3 met vol vrag
Klimvermoë10 000 m in sewe minute, 54 sekondes
BewapeningEen 23 mm-kanon
vier AA-9 Amos-langstrek-lug-tot-lug-missiele onder romp,
twee AA-6 Acrid-lug-tot-lug-missiele
en vier AA-8 Aphid-lug-tot-lug-missiele onder vlerke

Sien ook

wysig

Bron

wysig