Miombo-rooibandsuikerbekkie

Die miombo-rooibandsuikerbekkie is 'n algemene standvoël in miombo-boomveld van Suidelike-Afrika. In Engels staan dit bekend as die miombo double-collared sunbird of eastern miombo sunbird.

Miombo-rooibandsuikerbekkie
Mannetjie naby Mazowe in Zimbabwe
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein:Eukaryota
Koninkryk:Animalia
Filum:Chordata
Klas:Aves
Orde:Passeriformes
Familie:Nectariniidae
Genus:Cinnyris
Spesie:
C. manoensis
Binomiale naam
Cinnyris manoensis
Reichenow, 1907

Identifikasie

wysig

13 cm. Helder glansgroen kop en bo-rug, met 'n blou streep onder groen borsgedeelte, gevolg deur 'n dun helder glansrooi borsband. Die res van die onderkant is bruin-grys, en die vlerke is bruin. Hierdie spesie kan maklik met die kleinrooibandsuikerbekkie verwar word, maar die gebiede waar hulle voorkom oorvleuel nie. Die vroulike suikerbekkie het 'n grys-bruin bokant en grys-geel onderkant.

Habitat

wysig

Miombo-boomveld tot aan die rande van woude.

Verspreiding

wysig

Aanwesig in boomveld in die oorgrootte deel van Zimbabwe.

Geluid

wysig

'n Skerp tjie-tjie-geluid.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. BirdLife International (2016). "Cinnyris manoensis". IUCN Red List of Threatened Species. 2016: e.T103797506A94556226. doi:10.2305/IUCN.UK.2016-3.RLTS.T103797506A94556226.en. Besoek op 13 November 2021.