Mississauga

Mississauga [ˌmɪsɪˈsɑgə] is 'n stad in die Streeksmunisipaliteit Peel van die Kanadese provinsie Ontario en met 713 443 inwoners (volgens die sensus van 2011) die sesde grootste munisipaliteit in die land. Mississauga, wat in 1974 as 'n stad geïnkorporeer is, maak deel uit van die metropolitaanse gebied van Groter Toronto en word deur 'n vinnige bevolkingsgroei gekenmerk - sy bevolking het in elkeen van die laaste twee dekades bykans verdubbel. Hierdie groei is aan Mississauga se ligging naby die stadsgebied van Toronto te danke.

Mississauga

KaartWapen
Vlag
 Land Kanada
 Provinsie Ontario
 Koördinate43°36′N 79°39′W / 43.600°N 79.650°W / 43.600; -79.650
 Stigting1968 (as 'n dorp)
 Inkorporasie1974
(City of Mississsauga)
 Oppervlakte: 
 - Totaal288,42 vk km
 Hoogte bo seevlak173 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2011-sensus)713 443
 - Bevolkingsdigtheid2 439,9/vk km
 - Metropolitaanse gebied5 113 149 (Toronto CMA)
 TydsoneUTC -5 (Oostelike tyd)
 BurgemeesterHazel McCallion
 Amptelike Webwerfwww.mississauga.ca

Die internasionale lughawe van Toronto, Lester B. Pearson International Airport, is hoofsaaklik in die stadsgebied van Mississauga geleë. Sy sentrale besigheidsdistrik, een van die grootstes in die land, behels die Kanadese hoofkwartiere van multinasionale maatskappye soos Microsoft, Pepsico, General Electrics, Fujitsu en Wal Mart, asook baie ander ondernemings wat as Fortune 500-maatskappye gelys word.

🔥 Top keywords: