Moshoeshoe II

Moshoeshoe II (ook voorheen gespel Mosjesj II) (2 Mei 193815 Januarie 1996), vroeër bekend as Constantine Bereng Seeiso, was die opperhoof van Lesotho totdat dié land sy volle onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk in 1966 ontvang het en hy sy vader, Simon Seeiso Griffith opgevolg het. Hy was koning van Lesotho van 1966 tot sy ballingskap in 1990 en die tweede keer van 1995 tot sy dood in 1996.

Moshoeshoe II
Koning van Lesotho
Moshoeshoe II in 1970
DinastieHuis van Moshoeshoe
Bewind4 Oktober 196615 Januarie 1996
Volle naamConstantine Bereng Seeiso
Ander titelsmotlotlehi
Gebore2 Mei 1938
Morija, Lesotho
Gesterf15 Januarie 1996
naby Marakabei, Lesotho
VoorgangerHomself as opperhoof van Lesotho
OpvolgerLetsie III
GadeTabitha Masentle Lerotholi Mojelain
KindersDavid Mohato Bereng Seeiso
Seeiso Bereng Seeiso van Lesotho
Constance Christina Maseeiso
VaderSimon Seeiso Griffith
Moeder’Mantšebo
Moshoeshoe II tydens die toekenning van grade aan die Nasionale Universiteit van Lesotho in 1988; agter hom is Justin Lekhanya

Huwelik en kinders

wysig

Koning Moshoeshoe is in 1962 met Tabitha Masentle Lerotholi Mojelain getroud, by wie hy twee seuns en 'n dogter gehad het:

  • Prins David Mohato Bereng Seeiso, gebore op 17 Julie 1963.
  • Prins Seeiso Bereng Seeiso, gebore op 16 April 1966.
  • Prinses Constance Christina Maseeiso, 24 Desember 1969 – 7 September 1994.

Eerbewyse

wysig
  •  Lesotho: Grand Master of the Most Dignified Order of Moshoeshoe.
  •  Lesotho: Grand Master of the Most Meritorious Order of Mohlomi.
  •  Lesotho: Grand Master of the Most Loyal Order of Ramatseatsane.
  •  Suid-Afrika: Supreme Companion of the Order of the Companions of O. R. Tambo [postuum] (20 April 2006).[1]
  •  Iran: Commemorative Medal of the 2500th Anniversary of the founding of the Persian Empire (14 Oktober 1971).[2][3]

Verwysings

wysig

Bronne

wysig
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki How vertaal.