Nieuport 17

Franse dubbeldekker vliegtuig

Die Nieuport 17 is 'n Franse dubbeldekker vegvliegtuig wat in die Eerste Wêreldoorlog gebruik is. Die vliegtuig is ontwikkel uit die Nieuport 11 en het sy nooiensvlug in Januarie 1916 voltooi. Dit is in Mei 1916 aan die wesfront ontplooi. Dit was aansienlik beter as die Nieuport 11 met 'n kragtiger motor, langer vlerke en die hele romp is versterk. Eers was dit toegerus met die Le Rhône 100 perdekrag motor en was later toegerus met die Clerget 9B 130 perdekrag motor. Die gevolg was 'n vliegtuig was uiters beweeglik was, 'n hoë snelheid kon behaal en baie goed kon klim. Dit was makliker om die boonste masjiengeweer te laai omrede die Foster-meganisme gebruik was om dit aan die boonste vlerk te monteer. Die vlieënier kon dit herlaai terwyl hy reguit en gelyk vlieg.

Nieuport 17
TipeVegvliegtuig
VervaardigerNieuport
NooiensvlugJanuarie 1916
BekendstellingMaart 1916
HoofgebruikersFranse Lugmag
Britse Lugmag
Russiese Lugmag
Ontwikkel vanNieuport 11

Die Duitsers het die vliegtuig net so gekopieer en dit die Siemens-Schuckert D1 genoem. Bobaasvlieëniers soos René Fonck, Georges Guynemer, Charles Nungesser, Albert Ball en Billy Bishop het die vliegtuig gebruik.

Tegniese besonderhede

wysig
Besonderhede van die Nieuport 17:
ItemStatistiek
Aantal motors1
Tipe motorSkroef
VervaardigerLe Rhône suierenjin
Kraglewering per motor120 perdekrag
Vlerkspan8,2 m
Lengte5,96 m
Hoogte2,44 m
Vlerkoppervlakte14,75 m2
Maksimum opstygmassa560 kg
Maksimum snelheid170 km/h
Operasionele hoogte5 350 m
Uithouvermoë250 km
Klimvermoë4,000 m in 19 minute en 30 sekondes
BewapeningTwee 7,7 mm Lewismasjiengewere;
een gesinchroniseerd en die ander op die boonste vlerk.

Sien ook

wysig

Bron

wysig