Patriarg Hermogenes van Moskou

Hermogenes (Russies: Гермоген, Germogen; voor 153017 Februarie 1612) was van 1606 af die Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland. Hy het die volksopstand geïnspireer wat ’n einde aan die Tyd van Beroeringe gebring het. Hy is in 1913 tot heilige van die Russies-Ortodokse Kerk verklaar.

Patriarg Hermogenes
KerkRussies-Ortodokse Kerk
SetelMoskou
Termyn1606
RussiesГермоген
Kerkampte
VoorgangerIgnatius (nie erken)
Job (erken)
OpvolgerFilaret
Persoonlike besonderhede
Geboortenaam  Germogen
(Гермоген)
Geborevoor 1530
GeboorteplekMoskowië
Oorlede17 Februarie 1612
SterfteplekMoskou, Tsaredom van Rusland
NasionaliteitRussies
Feesdag17 Februarie en 12 Mei
Heiligmaking1913
Portaal  Portaalicoon  Rusland
Hermogenes op die Millennium-monument in Weliki Nowgorod.

Lewe

wysig

Op die Heilige Sinode van 1589, waar die Moskouse patriargaat gestig is, is Hermogenes aangestel as biskop van die nuut verowerde stad Kazan. In die volgende twee eeue het hy aansien verwerf vir die getal Moslemse Tartare wat hy tot die Oos-Ortodokse geloof bekeer het.

In 1606 het Vals Dmitri I Hermogenes gelas om aan die nuwe senaat in Moskou deel te neem. Daar het Hermogenes gehoor dat die tsaar met ’n Katolieke vrou wou trou en dit teengestaan. Hy is uit die hoofstad verban, maar ’n paar maande later het hy triomfantelik teruggekeer nadat Vals Dmitri en die vorige patriarg, Ignatius, hul mag verloor het.

Die nuwe tsaar, Wasili IV, het Hermogenes gehelp om die nuwe patriarg te word. Nadat Wasili van die troon gesit is en die Pole die Moskouse Kremlin oorgeneem het, was Hermogenes teen hul plan om Wladyslaw IV van Pole op die Russiese troon te plaas tensy hy hom tot die Ortodokse Kerk bekeer. Hy het geweier om enige petisies te teken en so gekeer dat Wladyslaw gekroon word.[1][2]

In onguns

wysig

In Desember 1610 het Hermogenes verskeie Russiese dorpe gevra om hulle teen die Pole te verset. Hy is daarna gevange geneem en in die Tsjoedof-klooster aangehou. Toe hy hoor van die nuwe leër van vrywillgers onder Koezma Minin en prins Dmitri Pozjarski, het hy albei geseën. Hy is daarna geslaan en van honger laat omkom.[3][4]

Sy oorskot is per toeval in 1913 gevind toe herstelwerk aan die Tsjoedof-klooster gedoen is. Hy is toe heilig verklaar. Sy feesdae is 17 Februarie (sy sterfdag) en 12 Mei (die dag van sy heiligverklaring).[5][6]

Verwysings

wysig
  1. Maureen Perrie. Pretenders and Popular Monarchism in Early Modern Russia. Cambridge University Press, 1995. ISBN 0-521-47274-1
  2. Robert Auty, Dimitri Obolensky. Companion to Russian Studies. Cambridge University Press, 1981. ISBN 0-521-28038-9
  3. Eerw. R. Thornton. Lives of Eminent Russian Prelates. Kessinger Publishing, 2004. ISBN 1-4179-4649-0
  4. A.N. Mouravieff. A History of the Church of Russia, 1842, herdruk 2004. ISBN 1-4179-1250-2
  5. Orthodox Church in America
  6. Ὁ Ἅγιος Ἑρμογένης ὁ Ἱερομάρτυρας Πατριάρχης Μόσχας. 12 Μαΐου. ΜΕΓΑΣ ΣΥΝΑΞΑΡΙΣΤΗΣ.