Pous Pelagius I

Pelagius I was die 60ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Pelagius I
Pontifikaat begin16 April 556
Pontifikaat eindig4 Maart 561
VoorgangerVigilius
OpvolgerJohannes III
Gebore± 500
Rome, Italië
Sterf4 Maart 561
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Pelagius

Biografie

wysig

Pous Pelagius I is gebore in Rome, die seun van Johannes, die leier van een van die twee kerkdistrikte van daardie tyd. Op 16 April 556 volg hy Pous Vigilius op en regeer tot sy dood op 4 Maart 561. Hy word opgevolg deur Pous Johannes III. Die naam ‘Pelagius’ beteken 'van die see' in Grieks.

Pontifikaat

wysig

Pelagius was een van Pous Agapetus I se metgeselle in Bisantium en het daar gebly as pouslike gesant. In 546 was hy terug in Rome en bly daar toe Pous Vigilius na Bisantium vertrek. Hy het probeer om die Romeinse volk te help met voedsel tydens die beleg deur koning Totila van die Gote. Hoewel hy sy persoonlike fortuin daarvoor uitgegee het, het dit nie veel gehelp nie.

Na die dood van Pous Vigilius is vermoed dat Pelagius 'n hand daarin gehad het. Hy sweer egter op die Heilige Kruis en die Evangelie dat hy onskuldig is. Sy eed is aanvaar.

Hoewel hy eers 'n teenstander van keiser Justinianus I se versoeningsbeleid ten opsigte van die monofisiete was, het hy hom later daarmee vereenselwig. Dit het die pous baie ongeloofwaardig gemaak en sy opvolgers het lank probeer om die geloofwaardigheid te herstel.

Verwysings

wysig
  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7

Eksterne skakels

wysig
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)


Nota

wysig

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.

Opvolging

wysig
Voorafgegaan deur
Vigilius
Pous (Pontifex Maximus)
556561
Opgevolg deur
Johannes III