Rudie van Vuuren

Namibiese krieketspeler

Rudolf Jansen van Vuuren (gebore op 20 September 1972 in Windhoek, Namibië) is 'n Namibiese geneesheer, natuurbewaarder en voormalige sportman.

Rudie van Vuuren
Rudie, Marlice en Zacheo van Vuuren
Volle naamRudolf Jansen van Vuuren
Gebore20 September 1972 (1972-09-20) (51 jaar oud)
Windhoek, Namibië
KolfstylRegshandig
BoulstylRegterarm medium-vinnig
Rolbouler
Internasionale geskiedenis
Nasionale spanNamibië
EDI debuut16 Februarie 2003 v Pakistan
Laaste EDI3 Maart 2003 v Nederland
Loopbaanstatistiek
KompetisieEDIA-lys
Wedstryde521
Lopies aangeteken2660
Kolfgemiddeld8.668.57
100s/50s0/00/0
Hoogste telling1414*
Aflewerings geboul3001 038
Paaltjies828
Boulgemiddeld37.2530.14
5 paaltjies in 'n kolfbeurt11
10 paaltjies in 'n wedstryd--
Beste boulontleding5/435/43
Vangskote/Stonkings0/–4/–
Bron: ESPNcricinfo, 22 Junie 2017

Rudie van Vuuren is in Desember 2000 met die Namibiese natuurbewaarder Marlice van der Merwe getroud. Hulle bestuur saam N/a’an ku sê Wildlife Sanctuary. Hy is die persoonlike geneesheer van die President van Namibië, Hage Geingob.

Sport

wysig

Van Vuuren is veral bekend daarvoor dat hy sy land tydens beide die Krieketwêreldbeker 2003 en die Rugbywêreldbeker 2003 verteenwoordig het; gevolglik het hy die eerste en enigste man geword wat in dieselfde jaar in twee sportkodes, krieket en rugby, in 'n wêreldbekertoernooi verskyn het.[1] Hy was die eerste Namibiër wat vyf paaltjies geneem het in 'n Internasionale eendagwedstryd, wat hy teen Engeland vermag het.[2]

Natuurbewaringsprestasies

wysig

In 2005 het Marlice en Rudie saam met hul jarelange vriend Chris Heunis die plaas Ovuuyo gekoop, 42 km buite Windhoek waar hulle 'n organisasie vir bewaringstoerisme begin het en dit die naam N/a'an ku sê (Naankuse) gee, wat beteken dat God ons sal beskerm. N/a'an ku sê het sterk bande met Angelina Jolie en haar gesin, spesifiek met haar dogter Shiloh wat in Namibië gebore is. N/a'an ku sê Wildlife Sanctuary is in 2007 geopen.

Verwysings

wysig
  1. The ten greatest sporting all-rounders – Guardian Unlimited
  2. "Records / Namibia / One-Day Internationals / Best bowling figures in an innings" (in Engels). ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Junie 2018. Besoek op 16 Desember 2012.

Eksterne skakels

wysig