Somerpaleis

Somerpaleis (Russies: Летний дворец; Ljetni dworets) is die naam van drie Russiese keiserlike wonings in Sint Petersburg. Net een van hulle staan vandag nog.

Die Somerhuis.

Somerhuis

wysig

Die Somerhuis (1710–1714), een van die eerste geboue in Sint Petersburg en klein in vergelyking met ander keiserlike wonings, is deur Domenico Trezzini in die Barok-styl ontwerp vir tsaar Pieter die Grote. Die klipgebou, wat steeds staan, het net vier hoofkamers.

Somerpaleise

wysig
Die Somerpaleis van keiserin Elisabeth in 1756.

Daar was eers twee Somerpaleise voor in die Somertuin. Albei is deur Bartolomeo Rastrelli ontwerp vir Russiese keiserinne. Die eerste een (1730) was ’n eenverdiepinggebou in ’n Barok-styl met 28 kamers en ’n groot sentrale saal.

Die tweede een (1741–1744) was ’n groot, indrukwekkende malvapienk gebou met 160 vergulde kamers, ’n kerk en fonteine. Dit was die hoofwoning van keiserin Elisabeth. Katharina die Grote het egter haar hof verskuif na die Winterpaleis. 'n Jaar ná haar dood het haar seun, keiser Paul, wat daar gebore is, gelas dat die verwaasloosde gebou gesloop en vervang word met 'n nuwe woning, die Sint Michail-kasteel.

Verwysings

wysig
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Summer Palace (Saint Petersburg)

Eksterne skakel

wysig

59°56′50″N 30°20′10″O / 59.94722°N 30.33611°O / 59.94722; 30.33611