Southern Kings (Pro14-rugbyspan)

Die Southern Kings was ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan wat laastens aan die multinasionale Pro14-liga in 2018–2019 seisoen deelgeneem het, nadat hulle van 2013 tot 2017 aan die Superrugbykompetisie deelgeneem het. Die span is in 2009 gestig om saam te val met die 2009 Britse en Ierse Leeus-toer na Suid-Afrika. Op 12 November 2009 het arbiters van SANZAR die Kings se bod om toetrede tot Superrugby verwerp. Die konsessie is uiteindelik aan die Melbourne Rebels toegeken.

Southern Kings
Stigting2009
Ontbind2020
LiggingPort Elizabeth, Suid-Afrika
StadionNelson Mandelabaai-stadion
Kapasiteit48 000
HUBLoyiso Dotwana
Afrigter(s)Deon Davids
Kaptein(s)Schalk Ferreira
Liga(s)Superrugby, Pro14
2018-’197de (Konferensie B)
Tuiskleure


Weg kleure

Statistiek
Meeste punte170 Masixole Banda
Meeste drieëYaw Penxe (15)
Eerste wedstryd
Southern Kings 22 – 10 Western Force
(23 Februarie 2013)
Grootste oorwinning
Southern Kings 44 – 3 Rebels
(29 April 2017)
Grootste nederlaag
Southern Kings 10 – 72 Waratahs
(4 Mei 2013)
Amptelike webwerf
www.skings.co.za

Die konsessie is formeel aangekondig met die opening van die Nelson Mandelabaai-stadion op 16 Junie 2009. Die idee vir die span was om rugby in die Oos-Kaap te ontwikkel maar daar was slegs twee spelers van die span van die Grens in die span wat teen die Leeus gespeel het. Daar was ook bekommernis dat die span ’n een-wedstryd-wonder sou wees en, soos die Southern Spears (sy voorganger), inmekaar tuimel.[1]

Geskiedenis

wysig

Die Southern Kings was aanvanklik 'n poging om Superrugby na die Oos-Kaap in Suid-Afrika te bring. In 2005 was daar ook ’n poging om dit te bewerkstellig in die vorm van die konsessie wat die Southern Spears genoem is. Die bedoeling was dat hulle van 2007 aan die Super 14 sou deelneem deurdat hulle die swakste van die Suid-Afrikaanse spanne sou vervang. Die waarskynlike insluiting van die Spears het egter tot heelwat kontroversie in Suid-Afrikaanse rugby gelei. In April 2006 is die Spears toetrede tot die Super 14 geweier omdat hulle in ’n ongunstige finansiële toestand verkeer het.

In Januarie 2009 het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie aangekondig dat ’n nuwe konsessie in die Oos-Kaap in Junie bekend gestel sou word om saam te val met die koms van die Britse en Ierse Leeus na Port Elizabeth vir een van hul midweek toerwedstryde teen ’n provinsiale span.[2] Die konsessie is geskep met die doel om toetrede tot Superrugby te bewerkstellig maar daar is geen skedule vir insluiting uitgewerk nie. Die president van die Oos-Kaapse Rugbyunie, Cheeky Watson, het gesê dat "daar ’n desperate nood vir top-rugby in die Suidoos-Kaap is en dat dit die eerste stap is om die nood te verlos." Die konsessie is in April 2009 amptelik bekend gestel op SARU se webblad.[3]

In 2012 het die span ’n multi-miljoenrand aanbod van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie aanvaar om sy bod om deelname aan die Superrugbyreeks tot 2012 uit te stel.[4]

Eerste deelname

wysig

Op 16 Augustus 2012 is bekendgemaak dat die Kings aan die 2013 Superrugbyseisoen gaan deelneem. Die span is ingesluit ten koste van die Lions weens hulle teleurstellende seisoen in 2012. Die Lions het egter die geleentheid gekry om na afloop van die 2013-seisoen in twee promosie/relegasiewedstryde teen die swakste span in die Suid-Afrikaanse groep uit te speel.[5]

Konsessiegebied

wysig

Die konsessiegebied van die Southern Kings het bestaan uit die Oos-Kaap en dele van die Wes-Kaap. Hulle spelers het van drie provinsiale unies, naamlik die OP Olifante wat in Port Elizabeth gebaseer is, die Grens Bulldogs wat in Oos-Londen gebaseer is en die SWD Arende wat in George gebaseer is gekom. Die Arende verteenwoordig die Suidwestelike Distrikte in die Wes-Kaap, die Olifante verteenwoordig die westelike helfte van die Oos-Kaap en die Bulldogs verteenwoordig die oostelike helfte van die Oos-Kaap.

Seisoenbepalings

wysig

Superrugby

wysig

Die volgende tabel som die Kings se Superrugby-uitslae op:

SeisoenPosGespeelGewenGelykVerloorPunte virPunte teen+/-BP1PteNotas
201315de163112298564−266224

1 Punte toegeken vir ’n loslootjie is nie hierby ingereken nie.

Die volgende tabel som die Kings se Superrugby-uitslae vir die uitgebreide toernooi van agtien spanne op:

SeisoenPos AlgPos GroepGespeelGewenGelykVerloorPunte virPunte teen+/−BP1PteNotas
201617de7de152013282684–40219
201711de5de15609391470–79428

Pro14

wysig
SeisoenPosGespeelGewenGelykVerloorBPPunteNotas
2017-’1814de211020711
2018-’1913de2121181222

Span

wysig

Southern Kings 2017 Superrugbyspan:

Stutte

Hakers

Slotte

 

Losvoorspelers

Skrumskakels

Losskakels

 

Senters

Vleuels

Heelagters

Britse en Ierse Leeus-toer

wysig

'n Uitnodigingspan is gebruik vir die wedstryd tussen die Southern Kings en die Britse en Ierse Leeus in 2009.[6]

Begin XV:

 

Reserwes

Southern Kings se 2013 Superrugbyspan was:

Stutte

Hakers

Slotte

 

Losvoorspelers

Skrumskakels

Losskakels

 

Senters

Vleuels

Heelagters

Verwysings

wysig
  1. (en) "SA se Super15 span 'n 'een-wedstryd-wonder'". thesuper15.com. 13 Junie 2009. Besoek op 24 Januarie 2010.[dooie skakel]
  2. "Nuwe Oos-Kaap-konsessie vir Superrugby" (in Engels). Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 14 Januarie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2013. Besoek op 24 Januarie 2010.
  3. "Welkom aan die Southern Kings" (in Engels). Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 29 April 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2013. Besoek op 24 Januarie 2010.
  4. "R40m hou Kings uit S15" (in Engels). Sport24. 15 Julie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 15 Julie 2012.
  5. Piek, Morgan (16 Augustus 2012). "SARU bevestig Superrugbydeelname vir 2012" (in Engels). Rugby15.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 14 Maart 2016. Besoek op 16 Augustus 2012.
  6. "Southern Kings 8-20 Lions" (in Engels). BBC Sport. 16 Junie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2019. Besoek op 24 Januarie 2010.