Tibeto-Birmaanse tale
Die Tibeto-Birmaanse tale vorm die nie-Chinese tak van die Sino-Tibettaanse tale met omtrent 456 tale wat deur sowat 70 miljoen mense gepraat word. Hulle word veral in Oos-, Suidoos- en dele van Suid-Asië (Himalaja-streek) gepraat.
Tibeto-Birmaanse tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: | Oos-, Suidoos- en Suid-Asië: |
Genetiese klassifikasie: | Sino-Tibettaans Tibeto-Birmaanse tale |
Onderafdelings: | Sien kaart hieronder |
Verspreiding van Tibeto-Birmaanse tale: |
Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Birmaans (32 miljoen), Meitei (1,5 miljoen), Bodo (1,3 miljoen), Newari (1,3 miljoen), Tibettaans (1,2 miljoen, insluitende Dzongkha), Garo (1,1 miljoen), Kokborok (1 miljoen) en Mizo (830 846). Baie Sino-Tibettaanse tale word deur klein gemeenskappe in afgeleë berggebiede gepraat en is weinig gedokumenteer. Die oudste bevestigde Tibeto-Birmaanse taal is Pai-lang uit die derde eeu, gevolg deur Tibettaans en Birmaans.
- Verspreiding van die Tibeto-Birmaanse tale in die Volksrepubliek China in oranje (suidweste)
- Verspreiding van die Tibeto-Birmaanse tale in Mianmar in oranje en rooi
- Verspreiding van die Tibeto-Birmaanse tale binne die tale van Suid-Asië in oranje (noorde en ooste)
Bronne
wysig- (en) Bradley, David (1997). "Tibeto-Burman languages and classification". In Bradley, David (red.). Tibeto-Burman languages of the Himalayas. Papers in South East Asian linguistics. Vol. 14. Canberra: Pacific Linguistics. pp. 1–71. ISBN 978-0-85883-456-9.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Tibeto-Birmaanse tale. |
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Tibeto-Burman". Ethnologue. Besoek op 18 Maart 2021.
- (en) "Tibeto-Burman languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 18 Maart 2021.
🔥 Top keywords: TuisbladSpesiaal:SoekApokkeSpesiaal:Onlangse wysigingsJacques LootsTienie HollowayWillem KampS.W. LiebenbergPaul LouwCarles PuigdemontThys die BosveldklongVarkgriepSwangerskapSeksSeksposisieWikipedia:GeselshoekieGordelroosDemensiePokkeHartversakingSkildklierCleopatra VIITweede WêreldoorlogJoodse kalenderWiki HowWikipedia:Welkom nuwelingeWikipedia:OmtrentLys van Suid-Afrikaanse musikanteLongontstekingOraniaGalblaasWikipedia:GebruikersportaalVerenigde State van AmerikaLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Suid-AfrikaVeelvuldige skleroseWikipedia:HulpOrale seksHuisgenoot: Ware Lewensdramas