Vlag van Mongolië

Die nasionale vlag van Mongolië is op 26 Desember 1911 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie vertikale bane van vlagpaal- na wapperkant in rooi, blou en rooi met die nasionale embleem in die rooi baan aan die wapperkant.

Vlag van Mongolië
Vlag van Mongolië
Vlag van Mongolië
Gebruik Nasionale vlag Nasionale vlag
Verhouding 1:2
Goedgekeur 26 Desember 1911[1]
Ontwerp Drie vertikale bane van vlagpaal- na wapperkant in rooi, blou en rooi met die nasionale embleem in die rooi baan aan die wapperkant

Simboliek

wysig

Die blou stel die ewige blou lug voor en die rooi bane stel Mongolië se vermoë om in moeilike omstandighede te floreer, voor. Die nasionale embleem, bekend as die sojombo, is ’n suilvormige rangskikking van abstrakte en geometriese voorstellings van vuur, die son, maan, aarde, water en die Taijitu of Jin-Jang-simbool.

Geskiedenis van die vlag

wysig

Met die afsterwe van die laaste Khan in 1924 het die Mongoolse Rewolusionêre Volksparty op 26 November 1924 die Volksrepubliek Mongolië verklaar. Op dieselfde dag het die parlement die grondwet wat in die seël, embleem en vlag geanker is, aanvaar.

Die eerste nasionale vlag is geskoei op die Sowjet-model en was ’n eenvoudige rooi baan met ’n son en maan in geel in die skildhoek. In 1924 is die vlag gewysig en is die sojombo in blou in die middel van die vlag geplaas. In 1940 is die vlag weer gewysig na drie vertikale bane in rooi, blou en rooi met die sojombo in geel aan die wapperkant en ’n sosialistiese ster bo-aan.

Ontwerp

wysig

Kleure

wysig
Wapperende vlag van Mongolië

Die tabel bevat die kleurskemawaardes vir die kleure van die Mongoolse vlag:

KleurskemaBlouRooiGeel
RGB0, 102, 179218, 32, 50255, 212, 0
Pantone7455 C199 C115 C
Heksadesimaal0066B3DA2032FFD400
CMYK100-60-0-010-100-90-00-15-100-0

Ander vlae

wysig

Verwysings

wysig
  1. "Mongolië" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 1999. Besoek op 27 Mei 2019.

Eksterne skakels

wysig
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki How vertaal.
🔥 Top keywords: